Afrikaans Eerste Addisionele Taal Grade 12 June 2023 Exam Question Papers and Memorandum pdf download

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Grade 12 June 2023 Exam Question Papers and Memorandum pdf download

Ontdek Afrikaanse Eerste Addisionele Taal Graad 12 2023 Mei/Junie Vraestelle en Memorandums in ‘n gerieflike PDF-af laai-formaat. Hierdie onskatbare hulpbronne bevat eksamenvraestelle, vergesel van memorandumme wat antwoorde verskaf, en bied ‘n uitsonderlike instrument vir jou studie hersiening en voorbereiding vir opkomende eksamens. Ons streef daarna om ‘n omvattende versameling van algemene middeljaar Junie 2023 eksamenvraestelle van alle provinsies saam te stel, insluitend Limpopo, Gauteng, Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Noordwes, en Mpumalanga. Rust jouself toe met die hulpbronne om jou eksamens te bemeester, en onthou – voorbereiding is die sleutel. Sterkte en sukses met jou studies!

Questions and Answers for Afrikaans FAL Grade 12 June 2023 Exam Papers

SPEEL EN LEER 

‘n Biblioteek in Delft gebruik videospeletjies om kinders te bemagtig 

Deur: Jackie Pienaar-Brink 

1 Dit woel deesdae in die Delft Openbare Biblioteek in Kaapstad. Tot 60 kinders daag ná skool op om hul huiswerk hier te doen of te lees voordat hulle – as beloning – die kans kry om videospeletjies te speel. 

2 Dit gee aan Ashley Lewis (42) ‘n warm gevoel om die hart. Hy is sedert 2021 bestuurder van die biblioteek en die brein agter hierdie hoogs suksesvolle inisiatief om kinders in ‘n arm gemeenskap te bemagtig. 

3 En dit alles het gevloei uit die manier waarop Ashley self grootgeword het. 

4 Hy het grootgeword in Manenberg op die Kaapse Vlakte in dieselfde armoedige omstandighede as baie van die kinders wat nou na sy biblioteek toe stroom. “Dink net, as dit nie vir hierdie inisiatief was nie, sou baie van hierdie kinders dalk nooit eens die geleentheid gekry het om aan die konsole van ‘n videospeletjie te vat nie.” 

5 Maar uiteindelik gaan dit oor veel meer as videospeletjies. Al word kinders daarmee gelok, is die gedagte om hoop te bring dat hulle van hulle moeilike omstandighede kan ontsnap. 

6 Ashley wéét hoe dit voel om as kind van al die lekker dinge uitgesluit te wees en om selfs verneder te word weens die omstandighede. Afrikaans Eerste AddisioneleTaal V1 Junie 2023 

4 Blaai asseblief om. 

7 Hy was maar vyf toe albei sy ouers hul werk verloor het.Om ná skool huis toe te gaan, was vir hom die moeilikste. Daar was geen elektrisiteit nie, niks om te eet nie, geen televisie om ‘n fliek te kyk nie en geen speelgoed om mee te speel en homself besig te hou nie. 

8 Hulle was grootliks van die goedhartigheid van hul bure en die kerk afhanklik. 

9 Ashley was maar 6-7 jaar oud toe die strate geroep het. “As ek uit die skool gekom het, was dit die enigste plek waar ek troos gekry het.” 

10 Hy het vriende gemaak met seuns in dieselfde bootjie as hy en op straathoeke saam met hulle rondgehang. Maar daar was een groot verskil tussen hom en die res: Ashley het ‘n sterk wil gehad om nie net iets van sy lewe te maak nie, maar ook die wêreld te verander. 

11 Teen hul tienerjare het die ander in bendes, dwelms, alkohol en misdaad begin verval. Uiteindelik het almal – behalwe hy – jonk gesterf of in die tronk beland. “Dit is die gewone siklus in arm gemeenskappe waar baie jong manne nie meer die ouderdom van 21 bereik nie,” sê hy sag. 

12 Na matriek het hy as vrywilliger by ‘n biblioteek in Kaapstad gewerk. Na ses maande het hy ‘n pos as biblioteek-assistent by die Rylands Openbare Biblioteek gekry. 

13 Ashley het talle opleidingskursusse bygewoon en ook later ‘n graad in biblioteek- en inligtingsdienste aan Unisa behaal. Hy het uiteindelik sy meestersgraad deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi en hom opgewerk tot biblioteekbestuurder. 

14 Toe hy in 2021 by die Delft Openbare Biblioteek begin het, was daar slegs een PlayStation en een TV. Dit was genoeg om hom aan die dink te sit oor wat hy kan doen om die kinders nie net daarheen te lok nie, maar hulle terselfdertyd op te voed. 

15 Ashley het besef dat geletterdheid en skoolwerk die twee aspekte is waarmee die kinders die meeste sukkel. Hy wou hulle ook help om iets positiefs van hulle lewens te maak. Sy oplossing vir hierdie probleme was die biblioteek-inisiatief. Die uitkoms was manjifiek. 

16 Ashley het nog twee TV’s en PlayStations by ander biblioteke gekry. Op die eerste dag het slegs drie kinders opgedaag om op die PlayStations te speel, maar vandag kom daar daagliks tussen 30 en 60 kinders op ‘n weeksdag biblioteek toe. 

17 Dit werk so: om die kans te kry om ‘n videospeletjie te speel, moet die kinders eers huiswerk doen of ‘n Easy Reader-boek lees. Toegewyde personeel help hulle hiermee. Dit motiveer die kinders om te lees. Party is so gretig om die videospeletjies te speel dat hulle sommer 2-3 blaaie in 10 minute lees. 

18 Ashley wil die kultuur van leer stap vir stap vir die kinders aanleer. Die speletjies is net ‘n motivering waardeur hy hulle met die beloningstelsel probeer leer dat niks in die lewe verniet is nie. Afrikaans Eerste AddisioneleTaal V1 Junie 2023 

5 Blaai asseblief om. 

19 Ashley se droom is om hierdie projek na ander biblioteke te versprei. Dink net hoeveel kinders dán gehelp sal kan word… 

[Bron: Kuier, 16 Maart 2023] 

LET WEL: 

● Beantwoord AL die vrae. 

● Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 

1.1 In watter stad vind jy die Delft Openbare Biblioteek? (1) 

1.2 Noem EEN voorwaarde waaraan die kinders moet voldoen voordat hulle videospeletjies mag speel. (1) 

1.3 Waarom is die speel van videospeletjies veral vir die kinders in Delft ‘n goeie, gepaste beloning? (1) 

1.4 “Dit gee aan Ashley Lewis (42) ‘n warm gevoel om die hart.” (paragraaf 2) 

1.4.1 Word “warm gevoel om die hart” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1) 

1.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.4.1 deur te verduidelik wat “’n warm gevoel om die hart” beteken. (1) 

1.5 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. 

Ashley wil die kinders “bemagtig”. (paragraaf 2) 

“Bemagtig” beteken Ashley wil die kinders (die mag gee om hul lewens te verbeter/ leer om magtige mense te wees). (1) 

1.6 Gee `n rede waarom Ashley se familie swaargekry het toe hy klein was. (1) 

1.7 Ashley se bure het hulp aan hulle verleen toe hy klein was. 

Dink jy bure is verplig om mekaar in tye van nood te help? Motiveer jou antwoord. (1) 

1.8 “Ashley was maar 6-7 jaar oud toe die strate geroep het.” 

Hoekom, dink jy, het Ashley verkies om vriende te maak met seuns wat in dieselfde situasie as hy was? (1) 

1.9 Waarom kan ons sê dat Ashley se wil om iets van sy lewe te maak tot sy voordeel was? (1) 

1.10 Noem TWEE sosiale probleme wat die inwoners van Manenberg volgens die teks beleef. (2) Afrikaans Eerste AddisioneleTaal V1 Junie 2023 

6 Blaai asseblief om. 

1.11 Wat suggereer “sag” (paragraaf 11) rakende Ashley se gevoelens oor die dood van soveel jong mans in sy gemeenskap? (1) 

1.12 Watter beroep beoefen Ashley tans? (1) 

1.13 Waarom was 2021 `n belangrike jaar vir Ashley? (1) 

1.14 Noem EEN rede uit die artikel waarom Ashley met die biblioteekinisiatief begin het. (1) 

1.15 Ashley se biblioteekinisiatief is ‘n sukses. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 

1.16 Watter belangrike lewenswaarde wil Ashley eintlik vir die kinders leer? (1) 

1.17 Waarom is dit Ashley se droom om hierdie projek na ander biblioteke te versprei? (1) 

1.18 Stem jy saam met die volgende stelling? Motiveer jou antwoord. 

Om geletterd te wees en jou huiswerk te doen, is ‘n voorwaarde vir sukses. (1) 

1.19 Kan jy met Ashley identifiseer? Motiveer jou antwoord. (1) 

1.20 Gee jou eie opinie oor die invloed van rolmodelle op tieners. (1) 

1.21 Dink jy dit is belangrik vir Suid-Afrikaners om iets aan hul gemeenskap terug te gee? Motiveer jou antwoord. (1) 

1.22 Help die foto by die teks jou om die teks beter te verstaan? Motiveer. (1) 

List of Afrikaans Eerste Addisionele Taal Grade 12 May – June 2023 common exam question papers with the memorandums

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Grade 12 June 2023 Paper 1

Question Paper:

Memo:

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Grade 12 June 2023 Paper 2

Question paper:

Memo:

Other Afrikaans Papers

2023

2022

2021

2020

2018



Looking for something specific?